Die Teologiese en Kerklike landskap in Suid Afrika is veral die afgelope dekade in ‘n toenemende mate oorspoel deur verskillende,
oënskynlik “nuwe” strominge. Bewegings soos die Jesus Seminar vanuit Amerika en die sg. Nuwe Hervorming, wat op eie bodem ontstaan
het, het ’n paradigma verskuiwing in die teologie teweeg gebring wat die kern van die Evangelie van Jesus Christus ernstig in die
gedrang gebring het. Lede van hierdie bewegings het herhaaldelik vanaf openbare platforms in S.A. ’n streep getrek deur die 2000 jaar
oue Christelike belydenis dat Jesus as enigste Seun van God uit ’n maagd gebore is, vir ons sondes aan ’n kruishout gesterf het en
opgestaan het uit die dood. In die naam van “Historiese Jesus Navorsing”, is hierdie belydenis afgemaak as die onbybelse en uitgediende
“meesterverhaal” wat deur die Kerk self geskryf is. Die Godheid en uniekheid van Jesus Christus as enigste middelaar tot God is ontken.
Sy maagdelike geboorte is afgemaak as ‘n mite – soortgelyk aan die mites van ander gelowe. Sy versoeningsdood aan die kruis is beskou
as ‘n primitiewe en uitgediende offeranderitueel en verwerp as ‘n daad van gruwelike kindermishandeling wat gepleeg was deur God die
Vader. Sy opstanding, is daar gesê, moet “metafories” of “mitologies” gesien word, aangesien hy nie liggaamlik uit die dood
opgestaan het nie. DIE HART VAN DIE EVANGELIE IS LETTERLIK UITGERUK. Die Bybel, is daar verder beweer,
Alle gelowe moet
saam met die Christelike geloof gesien word as “ewe geldige paaie na God toe”. Die Satan bestaan volgens die “nuwe” teologie ook nie
werklik nie – hy is ‘n blote “mite”, ontleen aan ‘n ou wêreldbeeld. Die monistiese (alles is een) wêreldbeeld en die panentïestiesegodsbeeld – wat natuurlik deur die eeue in die paganistiese en oosterse gelowe aangehang word – is aanbeveel vir Christene in hierdie
sg. post-moderne tyd.
Die invloed van bewegings soos die Jesus Seminar en die Nuwe Hervorming sou spoedig begin deurwerk na
die teologiese opleiding van die NGK. In 2002 tree John Dominic Crossan van die Jesus Seminar op by Tukkies se Teologiese Fakulteit.Hier was hy met groot eerbetoon ontvang en bestempel as een van die voorste teoloë van ons tyd. Kort hierna kom die Nuwe Hervorming
tot stand. Sommige lektore van die Fakulteit by Tukkies, het by verskillende openbare geleenthede samewerking tussen die Kerk en die
Nuwe Hervormers bepleit, hulle teologiese standpunte ondersteun en selfs dieselfde standpunte as die Nuwe Hervormers verkondig mbt
wêreldbeeld, Godsbeeld, Jesus se versoeningsdood, Sy opstanding, ens.
In hierdie 1-uur dokumentêr
HIERDIE DVD
WTL Multimedia Produksies E-pos:sarelwtl@telkomsa.net
Adres: Kontakbesonderhede: BANKBESONDERHEDE
Posbus 88 Tel: 011 472- 6964 ABSA – S.J. v.d. Merwe
Florida Hills Sel: 082 689- 7603 Rek. No. 625 172 683
1716 Sarel
v.d. Merwe Koste: R100 +R20 posgeld